Taliban ondersoek nog dood van Al-Kaïda-leier

Die Taliban ondersoek wat hy as die Amerikaanse “bewering” beskryf dat die Al-Kaïda-leier Ayman al-Zawahiri in ‘n Amerikaanse hommeltuigaanval in Kaboel dood is. Die VSA het Zawahiri gedood met ‘n missiel wat vanaf ‘n hommeltuig afgevuur is. Volgens Suhail Shaheen, die Taliban-verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, wat in Doha gesetel is, sê die regering in Afghanistan kan dit nie onafhanklik bevestig nie. Daar is tans ‘n ondersoek aan die gang om die Amerikaanse eise te bevestig.