Musiekgroep bespreek haatmisdaad teen Asiate met Biden

Die wêreldbekende K-pop-sensasie BTS het Amerika se President Joe Biden by die Withuis ontmoet om haatmisdade teen Asiate te bespreek die behoefte aan insluiting en diversiteit in Amerika te beklemtoon. Tussen Maart 2020 en Desember verlede jaar het die Asiatiese voorspraakgroep, Stop AAPI Hate, meer as 10 000 voorvalle van haatmisdade teen Asiatiese Amerikaners en persone van eilande in die Stille Oseaan, reg oor Amerika aangemeld. Die groep glo musiek is altyd ‘n wonderlike en suksesvolle manier om alle dinge te verenig.