Wes-Kaap het meer as 16 000 buurtwagte

Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê daar is 16 084 geregistreerde buurtwaglede in die provinsie. Allen sê tot dusver het meer as 441 geakkrediteerde buurtwagte hulle vaardighede oor die uitroei van misdaad opgeskerp. Hy moedig voornemende buurtwag-groepe aan om by die departement van gemeenskapsveiligheid en hulle plaaslike polisiekantoor aansoek te doen om akkreditasie.