Haaie en Stormers loop oop

Die Haaie het gisteraand ‘n swak gedissiplineerde Verenigde Kampioenskap-wedstryd teen die Bulle op Loftus met 29-22 gewen. Die tuisspan het Morné Steyn vroeg verloor nadat hy ‘n rooikaart gekry het vir ‘n hoë, laat duikslag op Lukhanyo Am. Die rustydtelling was 19-5 in die besoekers se guns. Die Stormers het vroeër hul plek boaan die Suid-Afrikaanse konferensie bevestig met ‘n klinkende sege van 32-10 oor die Leeus op Ellispark. Die Stormers het vier drieë teenoor die Leeus se een gedruk.