Zim skors 135 000 onderwysers sonder betaling

Minstens 135 000 openbare onderwysers sal geraak word deur die Zimbabwiese regering se besluit om hulle sonder betaling te skors omdat hulle gestaak het. Evelyn Ndlovu, minister van primêre en sekondêre onderwys, het in ‘n verklaring gesê stakende onderwysers sal vir drie maande sonder betaling geskors word. Gedurende die drie maande sal ‘n ondersoek gelas word na wat die minister as “wangedrag” van die stakende onderwysers beskryf het, en diegene wat skuldig bevind word, sal “toepaslike optrede” in die gesig staar. Die besluit het gekom ‘n dag nadat onderwysers deur die Progressive Teachers’ Union of Zimbabwe die regering se salarisverhoging van 20 persent verwerp het. Hulle eis 9 000 Namibiese dollar.