Guterres maak sy stem dik oor oorlog in die Oekraïne

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres was op besoek aan die Oekraïne in ‘n poging om die graan-uitvoerooreenkoms te verleng. Meer as 23 miljoen ton graan is vanuit die land deur die Swartsee sedert verlede jaar uitgevoer. Maar, Guterres het ook sy stem dik gemaak oor die VN se standpunt oor Rusland se inval in sy buurland.