Staking in buurland veroorsaak dood van vier pasiënte

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, het bevestig dat vier pasiënte dood is weens die voortslepende staking by openbare hospitale. Hy het die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg besoek. Phaahla sê die regering se regspan oorweeg watter stappe gedoen moet word in verband met die sterftes. Lede van die gesondheidswerkersvakbond, Nehawu, betoog by verskeie hospitale oor ‘n salarisgeskil met die regering. Die versetoptrede het daartoe gelei dat pasiënte toegang geweier word en ambulanse verhoed word om die hospitaalperseel te verlaat of in te gaan.