Gustavo is 09:00 terug in die getuiebank

Die borgaansoek van die Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo duur vandag voor regter Herman Oosthuizen voort. Daar is talle vrae oor sy betrokkenheid by die Namibies-geregistreerde Nengomar Pesca. Hy is as alleen direkteur in die maatskappy gelys en was werksaam by die Angolese Nengomar Pesca. Die Namibiese maatskappy het miljoene uitbetaal aan die Fishrot-lot en het ook plaaslik belasting ontduik deur te lieg oor sy inkomste.