Insette gevra oor raamwerk vir ekonomiese sones

Die ministerie van handel sal môre die eerste konsultasies oor spesiale ekonomiese sones in Windhoek hou. Die hoofdoel is om die huidige raamwerk in die verband op te dateer en ‘n nuwe aanslag te ontwikkel. Lede van die publiek, rolspelers en belanghebbendes word gevra om die sessie by te woon en insette te lewer. Die herontwerp van die raamwerk is genoodsaak deur die feit dat die huidige raamwerk bepalings bevat wat die Walvis-sone as ‘n belastingstoevlug kan klassifiseer. Die ministerie sal Maandag die tweede konsultasie in Walvisbaai hou.