Noodtoestand in Kanada na storm

‘n Noodtoestand is in die westelike provinsie van Kanada, Brits-Columbië, afgekondig. Dit is weens oorstromings wat die suidelike dele van die provinsie raak en die lewe van minstens een persoon geëis het met twee wat vermis is. Amptenare in die streek het die natuurramp aan die uitwerking van klimaatsverandering toegeskryf. Die premier van Brits-Columbië, John Horgan, sê die noodtoestand is afgekondig om basiese toegang tot dienste en voorrade vir gemeenskappe oor die hele provinsie te verseker: