Groot vordering vir Namibië by COP27 op waterstof

Namibiese President Hage Geingob het ‘n memorandum van verstandhouding met die Europese Unie oor volhoubare grondstof-waardekettings en hernubare waterstof by die COP27 Klimaatberaad in Sharm El-Sheikh, Egipte onderteken. Geingob sê die ooreenkoms is ‘n polities en wetlik nie-bindende dokument wat Namibië en die EU se gesamentlike verbintenis tot die ontwikkeling van veilige en volhoubare voorsiening van grondstowwe en waardekettings uiteensit. Geingob het ook ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om ontwikkelende land te ondersteun in hul pogings om die impak van klimaatsverandering te versag deur klimaatsfinansiering te verbeter. Altesaam 593 miljoen euro, sowat 10,6 miljard Namibiese dollar, is by COP27 aan Namibië beloof in toelaes en vergunningslenings.