Voorbereidings vir ANC-konferensie vorder goed

Die ANC sê alles is gereed vir sy 55ste nasionale konferensie in Desember. Dit volg nadat meer as 80 persent van sy takke hul algemene takvergaderings afgesluit het. Die party se ligas het ook hul leierskaps-kandidate gekies. Die Vroueliga het Nkosazana Dlamini-Zuma laat vaar ter wille van Cyril Ramaphosa vir ANC-president, terwyl die Jeugliga sy gewig agter die voormalige minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, gegooi het. Die tesourier-generaal van die ANC, Paul Mashatile, het sy tevredenheid uitgespreek met die takvergaderings se uitkomste: