NamRA stem in om kennisgewings vir N$305m in belastinggeld teen Trustco, terug te trek

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, het ingestem om kennisgewings waardeur hy bankrekeninge van die nou-beleërde Trustco-groep blokkeer het in ‘n poging om meer as 305 miljoen Namibiese dollar in te samel in belasting en rente, terug te trek. Dit kom na ‘n dringende aansoek wat Trustco saam met 43 aansoekers in die hoërhof gebring het. In ‘n bevel deur regter Shafimana Ueitele, na ‘n ooreenkoms tussen die partye, sal NamRA die kennisgewings wat hy uitgereik het terugtrek en geen nuwe kennisgewings uitreik nie, hangende die uitkoms van ‘n aansoek waarin Trustco die hof vra om verskeie bepalings van die belastingwetgewing ter syde te stel. Trustco sê van die bepalings is ongrondwetlik. Partye moet teen 14 November ‘n saakbestuur-plan indien by die hof vir die hoofaansoek om voort te gaan.