Groot volhoubaarheidsvergadering op Kasane

Dries van Coller, die sekretaris-generaal van die Sustainable Use Coalition in Suider-Afrika, woon tans die jaarlikse African Wildlife Consultative Forum in Botswana, Kasane, by. Die forum bring ‘n diverse groep belanghebbendes, senior regeringsamptenare, professionele jagverenigingleierskap, gemeenskapsgebaseerde ondersteuningsorganisasies, internasionale beleidskenners en natuurlewebioloë bymekaar om kwessies oor die volhoubare gebruik van wildbewaring regoor Afrika te bespreek. Van Coller het met Kosmos 94.1 nuus gesels.