Zim is in die moeilikheid as De Ruyter uitvoere staak

‘n Zimbabwiese ekonoom het gereageer op berigte dat die Eskom-baas André de Ruyter sat is vir die uitvoer van elektrisiteit terwyl die Suid-Afrikaanse ekonomie steier onder kragonderbrekings. Zimbabwe het baie groot uitdagings met sy eie kragstasies en maak staat op Eskom. John Robertson sê daar is groot probleme sou De Ruyter sy dreigement deurvoer.