Ontsnapte Britse soldaat sal vasgetrek word 

Die Britse regering sê hy is vol vertroue dat die voormalige soldaat wat van terrorisme aangekla en uit die Wandsworth Gevangenis ontsnap het, gevind sal word. Die een-en-twintigjarige Daniel Abed Khalife het gister uit die tronk ontsnap terwyl hy as ‘n sjef vermom was. Hy het na bewering ook fop-bomme by ‘n militêre basis gelos terwyl hy in die weermag gedien het en sou in November verhoor word. Die minister van Justisie Alex Chalk, sê hy het ‘n interne ondersoek aangevra oor die besluit om Khalife na ‘n tronk met laer sekuriteit oor te plaas.