Groot sukses met behandeling vir groonbootjie-allergie

‘n Nege-jarige meisie in Engeland is die eerste kind met ‘n allergie vir grondboontjies wat behandeling ontvang het. Emily Pratt het deelgeneem aan ‘n steekproef by ‘n Londense kinderhospitaal met Palforzia en het groot sukses behaal. ‘n Allergie vir grondboontjies maak groot inbraak op ‘n lewe omdat soveel produkte grondboontjies bevat en talle male word dit nie aangedui nie. Emily se ma Sophie sê dit het die lewe vergemaklik en Emily kan selfs diere by die plaaslike dieretuin voer omdat sy haar allergie onder beheer het. Die Britse gesondheidsdiens sal Palforzia nou verskaf.