168 met inentings onder nuwe gevalle

Die gesondheidsministerie het 596 nuwe Covid-infeksies en 31 herinfeksies plaaslik bevestig. Elf streke het gevalle aangemeld en Khomas, of te wel Windhoek, loop voor met 205 nuwe gevalle en Kunene is tweede met 83. Erongo is tiende geplaas met 24 gevalle. ‘n Totaal van 31 leerders, sewe onderwysers, 12 studente en 25 gesondheidswerkers is in die groep. Volgens die ministerie is daar 24 gevalle wat een dosis entstof ontvang het, 100 wat ten volle ingeënt is, vier wat ‘n versterkdosis, dus drie spuite, ontvang het en 20 ingeënte persone wat nie verdere besonderhede verskaf het nie, ook by die groep ingesluit. Die nuwe gevalle het 448 mense wat nie ingeënt is nie, wat 75 persent van nuwe gevalle beslaan. Daar is 252 persone in die hospitaal met 16 in hoësorg waarvan twee ten volle ingeënt is.