Djokovic: moet ingeënt wees of vrystelling hê vir Ope

Die toernooi-direkteur van die Australiese Ope, Craig Tiley, sê as Novak Djokovic sy opwagting in Melbourne maak, moet hy ingeënt wees óf mediese vrystelling hê. Die wêreld se nommer een-speler wat vir die tiende keer aan die Australiese Ope gaan deelneem, het nog nie openlik oor sy inenting-status gepraat nie. Tiley sê mediese vrystelling gaan aan ‘n klein persentasie van on-ingeënte spelers en personeel toegestaan word. Hy sê hy wil die beste spelers by die toernooi hê. Hy sal Djokovic baie graag in Melbourne wou sien, en dit sal teleurstellend wees as hy nie deelneem nie.