Groot makietie vir Wêreld Oseane-dag aan die kus

Die Verenigde Nasies herdenk vandag Wêreld Oseane-dag, maar Walvisbaai gaan dié dag oor die naweek vier en groot makietie hou. Professionele sjefs gaan seekos-demonstrasies hou en Namibiërs kan aan ‘n visbraai en potjiekoskompetisie deelneem. Daar sal ’n wynproe en musiek wees en vir die sport-entoesiaste ‘n sokker- en basketbaltoernooi. Vir die kleinspan is daar gesigverf en springkastele. Walvisbaai-munisipaliteit se skakelbeampte Anita Kahiva vertel van hul beplande feesvieringe.