McConaughey lewer pleidooi vir beter wapenbeheer

Die Amerikaanse akteur Matthew McConaughey, wat in Uvalde, Texas, gebore is, het besoek op die dorp afgelê saam met die adjunkpresident Kamala Harris. Dit volg na die massaskietery by die Robb-laerskool waar 19 graad-4 kinders en twee onderwysers dood is. Hy het daarna by die Withuis met die media gepraat.