Geletterdheid van plaaswerkers onder die loep

Die Landbouwerkgewersvereniging het die aanbod vir kort opleidingskursusse deur die Namibiese Opleidingsowerheid, verwelkom. Volgens die voorsitter van die vereniging, Christine Stoman, sukkel boere met ‘n ongeletterde werksmag. Sy sê meeste skoolverlaters eindig op plase op en daar is uitdagings met instruksies, die tel van kudde en ook werk met oorplaatjies. Die kwessie sal nou aangespreek word. Intussen het sy bevestig dat daar ‘n Covid-infeksiekoers van 5 persent onder plaaswerkers is met 100 persent herstelkoers. Die vereniging het Dinsdag in die hoofstad sy kongres gehou.