Groot kommer oor dieselpryse en inflasie

Die Suid-Afrikaanse Padvragvereniging sê die vervoerkoste van goedere en dienste, asook ‘n verwagte styging die maand in die terugkoopkoers, sal die verbruiker finansieel in die knyp laat beland. Die petrolprys het hierdie maand in die buurland met 51 sent per liter gestyg terwyl diesel een rand-43 sent duurder is. Die vereniging se hoof, Gavin Kelly, sê die voortslepende stygings in brandstofpryse sal noodwendig die koste van vervoer en logistiek stap vir stap duurder maak: