Wetsontwerp vir belastingvrye sanitêre doekies ter tafel gelê

Die adjunk-finansminister Maureen Hinda-Mbuende het ‘n wetsontwerp in die parlement ter tafel gelê om belasting op sanitêre doekies op te hef. Die minister Ipumbu Shiimi het in Februarie tydens sy begrotingsrede reeds die aankondiging gemaak en ook dat dit teen volgende jaar geïmplementeer word. Die leier van die PDM McHenry Venaani het reeds in 2016 in die Nasionale Vergadering gesê sanitêre doekies moet goedkoper wees. Plaaslike media berig dat ‘n verslag oor gesondheid en higiëne onder Namibiese tienermeisies toon dat net een uit elke tien meisies gebruik herbruikbare sanitêre doekies met 4,2 persent van meisies gaan nie skool toe wanneer hulle menstrueer nie. Net ‘n helfte van die skole het toiletpapier.