Bolsonaro praat, gee nie toe nie

Brasilië se verregse president, Jair Bolsonaro, het ingestem om mag oor te dra sonder om regstreeks toe te gee dat hy die verkiesing enkele dae gelede verloor het. Luiz Inácio Lula da Silva het 50,9 persent van die stemme gekry teenoor Bolsonaro se 49,1 persent. Dit was die taaiste presidensiële stryd sedert Brasilië in 1985 na demokrasie teruggekeer het. Bolsonaro het die 58 miljoen kiesers bedank wat vir hom gestem het en sê hy sal voortgaan om die grondwet se vereistes na te kom. Hy is die eerste president in die Brasiliaanse geskiedenis wat ‘n herverkiesingstryd verloor.