Groen, luukse landgoed vir Walvis beplan

‘n Nuwe luukse ontwikkeling is vir Walvisbaai beplan en grond van 148 hektaar net langs die Dorob Nasionale Park is reeds bekom. Net minder as 750 luukse wooneenhede en ‘n gholfbaan word beplan vir die sogenaamde President’s Links-landgoed. Die spesifieke ligging is gekies deur die bekende gholfbaanontwerper Peter Matkovich en sy vennoot, die ewe bekende majors-beroepspeler Louis Oosthuizen. Aankooppryse sal wissel tussen 3,9 en 8,5 miljoen Namibiese dollar. Die landgoed sal klem lê op ontspanningsgeriewe wat koffiewinkels en openbare groenspasies, fietsrybane en self ‘n bioskoop insluit. Terwyl daar kommer is oor waterbronne sal die landgoed volgens berigte spesiale tegnologie benut om uitvloeiwater te herwin vir die gholfbaan en tuine. Drie miljoen liter van die water is daagliks toegestaan deur die Walvisbaai munisipaliteit vir die doel.