Groen-waterstofprojek sal impak op nasionale park hê, meen kenner

‘n Nuwe groenwaterstofprojek van 9,4 miljard dollar sal deur Hyphen Hydrogen Energy in Namibië ontwikkel word. Die projek sal na beraming 300 000 ton groenwaterstof per jaar produseer en uitgevoer word. Die projek sal in die Tsau//Khaeb Nasionale Park, die voormalige Sperrgebiet, van stapel gestuur word. Ekoloog en stigter van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown sê die projek sal ‘n impak hê op die biodiversiteit met die Sperrgebiet wat die tuiste van die Sukkulente Karoo-plantegroei is.

Hy stel voor dat die projek nie in ‘n nasionale park ontwikkel word nie, maar in kommunale gebiede in die Suide.