Landbou help akkerbouers gereedmaak vir wanneer reën kom

Namibiese boere is bekommerd oor die gebrek aan reën dié reënseisoen. Tradisioneel sal boere hierdie tyd van die jaar ploeg en plant. Dié proses is vertraag weens min of geen reën. Wat doen klein produsente van groente en vrugte wat grootliks afhanklik van reën is? Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua sê die landbouministerie help die boere voorberei.