Groei-voorspellings vir Afrika is belowend

‘n Namibiese ekonoom het gereageer op ekonomiese groeivooruitsigte in Afrika suid van die Sahara wat na verwagting in 2022 afwaarts sal neig en verbeter tot in 2023. Groei in die gebied word geprojekteer op onderskeidelik 3,7 persent en 4 persent in 2022 en in 2023, vanaf 4 persent in 2021. Die 2022-groeivooruitsig is 0,1 persentasiepunt laer in vergelyking met die Wêreld Ekonomiese Vooruitsig van Oktober 2021. Gabriel Erastus gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die ekonomiese stand van Afrikalande suid van die Sahara.