Rooilyn: Job se aangepaste eis nog nie ingedien nie

Die omstrede rooilyn-hofsaak van die Affirmative Repositioning-leier Job Amupanda is vandag weer voor regter Shafimana Ueitele. Daar blyk om komplikasies te wees in verband met besware oor Amupanda se voorneme om sy eis aan te pas. Dit is volgens sy prokureur, Kadhila Amoomo nog nie duidelik of die Vleisraad beswaar sal aanteken nie. Die ander respondente het reeds en dus is Amupanda se aangepaste eis nog nie ingedien nie. Volgens hom, diskrimineer die kordonheining teen die boere in die kommunale gebied in die Noorde. Hy voeg by dat die rooilyn die beweging van diere en swartmense beperk en is dus ongrondwetlik en ‘n oorblyfsel van die koloniale tyd. Die aansoek volg nadat vleis op 17 Mei verlede jaar by hom by Oshivelo gekonfiskeer is.