Afrika-unie het kommer oor ‘rassisme’ by Oekraïnse grense

Die Afrika-unie sê hy hou die situasie in die Oekraïne fyn dop, veral in verband met Afrikane wat hul daar bevind. Die voorsitter, die president van Senegal, Macky Sall sê dit is uiters kommerwekkend dat daar berigte is dat Afrikane swak behandel word by grense en toegang tot buurlande geweier word. Sall, en die voorsitter van die Afrika-unie se kommissie Moussa Faki Mahamat, sê die weiering van toegang van Afrikane wat uit die Oekraïne vlug is teenstrydig met internasionale verdrae. Daar was verskeie berigte in die verband maar, meeste onbevestig en anekdoties van aard.