Griekse priester gooi ses biskope met suur

‘n Priester is in die Griekse hoofstad Athene aangekeer nadat hy tydens ‘n dissiplinêre verhoor suur op ses biskoppe van die Grieks-ortodokse kerk gegooi het. ‘n Polisiebeampte het ook brandwonde opgedoen. Volgens internasionale media word die 36-jarige priester van dwelmhandel beskuldig.