Vermiste man se oorskot in Kavangorivier gevind

Die liggaam van Frederick Kanyanga, wat Maandag as vermis aangemeld is, is gevind. Volgens die Namibiese polisie is Kanyanga se oorskot in die Kavangorivier langs die Kapaka-nedersetting in die Kavango-Oosstreek gevind. Die oorsaak van sy dood is nog onbekend. Kanyanga het op 18 Junie in die Mbukushu-gebied vermis geraak toe hy saam met vriende na ‘n begrafnis was.