Tier wat mens vang, saam met maat verskuif

Twee Siberiese tiere is met ‘n nood-reddingsoperasie uit die Seaview-roofdierpark in Gqeberha na die Lionsrock Grootkat-skuiling in die Vrystaat verskuif. Dereck Milburn van die Aspinall-stigting sê die reddingsending is uitgevoer deur twee bekende internasionale nie-regeringsorganisasies, Aspinal en Four Paws. Hy sê die agtjarige tiermannetjie, Jasper het op 16 Junie uit sy kamp ontsnap: