Goeie vordering met mielie-, sonneblomoeste in SA

Suid-Afrikaanse boere maak vordering met die mielie-oes en die momentum sal oor die volgende weke toeneem. Dit is die mening van die hoofekonoom van die Landboubesigheidskamer, Wandile Sihlobo. Hy sê teen verlede week is ongeveer 6,9 miljoen ton mielies uit ʼn verwagte 14,7 miljoen-ton aan kommersiële silo’s gelewer. Die land se sonneblom-oes is bykans afgehandel. Volgens Sihlobo is ongeveer 772 647 ton reeds by kommersiële silo’s afgelewer teenoor ʼn verwagte oes van 961 350 ton.