LPM hou perskonferensie vandag oor party se ‘dinge’

Die Landless People’s Movement is die afgelope paar dae in die nuus, veral met partylid en Windhoek-burgemeester Sade Gawanas wat die koerante gehaal het oor vervoertoelae en kort daarna, skerp gekritiseer is deur die media-vakbond, Nampu. Die party het ook sy Keetmanshoop-raadslid afgedank. In ‘n poging om die kwessies uit te sorteer, sal die party se perskonferensie binnekort in die hoofstad begin. Party-woordvoerder Eneas Emvula het meer.