Olie daal effe, maar voorraad bly beperk

Oliepryse het Vrydag effe opwaarts beweeg namate die Amerikaanse dollar gedaal het, maar winste is beperk deur resessievrese en nuwe kommer dat Covid-uitbrekings die vraag in China sal demp. Van ‘n hoogtepunt van amper 96 dollar ‘n vat, verhandel Brent tans rondom 94 dollar. ’n Swakker Amerikaanse dollar verhoog die vraag na olie, aangesien dit die kommoditeit goedkoper maak vir ander geldeenhede. Ontleders meen hoewel kommer oor die vraag na olie bestaan, sal aanbod steeds laag bly veral met die embargo op Russiese olie wat in Desember in werking tree, sowel as die daling die Amerikaanse voorrade.