Glasgow Warriors kom aan in SA 

Die spelers en bestuur van Glasgow Warriors kom vandag in Suid-Afrika aan vir ‘n toer van twee Verenigde Rugby-kampioenskapwedstryde teen plaaslike spanne. Hulle speel Vrydag teen die Stormers in Kaapstad en dan volgende Vrydag teen die Bulle in Pretoria. Die Warriors is derde op die punteleer na 15 rondes van hierdie seisoen se kompetisie. Die Stormers en die Bulle het nog ‘n sê wat die uitspeelwedstryde betref. Hulle is onderskeidelik in die vyfde en agste plek.