Ongwediva Handelskou is terug na twee jaar

Daar is uiters goeie nuus vir besighede in die Noorde en regoor die land. Namibië se grootste handelskou, die Ongwediva Handelskou sal vanjaar plaasvind. Die skou is vir die afgelope twee jaar afgelas weens Covid. Volgens Jackson Muma, woordvoerder van die Ongwediva dorpsraad, sê die skou begin op 26 Augustus en duur tot 1 September. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.