Angola koop brandstof aan, subsidieer dit plaaslik

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo sê een van die grootste uitdagings wat die plaaslike energiesektor in die gesig sal staar, is die onwettige invoer van brandstof vanuit Angola. Hy sê dis ‘n toenemende neiging, en dit het ‘n negatiewe impak op die ekonomie, veral met die instandhouding van die land se paaie wat befonds word deur ‘n heffing op die brandstofprys. Hy sê daar is talle oproepe op hom gedoen om invoere van brandstof vanuit Angola toe te laat, maar hy sê die feit is dat Angola 80 persent van sy brandstof behoeftes by die dieselfde internasionale mark, waar ons brandstof koop, aankoop, en teen dieselfde prys. Dus, sal Angola nie sy brandstof aan ons teen ‘n goedkoper prys verkoop as wat ons tans betaal nie. Die enigste rede hoekom brandstof in Angola goedkoper is, is dat owerhede in daardie land fondse van die uitvoere van hulle ru-olie gebruik om die prys te subsidieer.