DroogtehulpSA het hulp nodig

Droogtehulporganisasies in Suid-Afrika werk onverpoosd om boere van voer- en voedingshulp te voorsien en sê hulle is op hulle knieë. Dit het die boere nou genoodsaak om die publiek te vra om hierdie organisasies te help sodat hulle gemeenskappe kan bystaan wat nie toegang het tot finansiële- en ander hulpbronne nie. Die stigter van DroogtehulpSA, Chris van Beljon, sê hulle het ‘n lys van ‘n duisend boere wat hulp nodig het en kon die afgelope twee maande nie uitreik nie: