Rafah pak Belg in Italiaanse Ope

Tennis: Die tien-malige kampioen Rafael Nadal van Spanje pak die Belgiese kwalifiseerder Zizou Bergs vandag in sy eerste wedstryd by die Italiaanse Ope. Die 37-jarige Nadal is ongekeur vir die kampioenskap wat hy tradisioneel gebruik as finale voorbereiding vir die Franse Ope, wat hy al ‘n rekord 14-keer gewen het. Die voormalige wêreld nommer een-speler is nou 305de op die wêreldranglys, weens ‘n string beserings. Hy het egter beïndruk in die kleibaantoernooie voor Rome. Die 24-jarige Bergs is tans 102de op die ranglys.