Britse meisie kan hoor ná baanbrekende gene-terapie

ʼn Britse dogtertjie van 18 maande oud is die eerste persoon in die wêreld om deel te wees van ʼn gene-terapie-proef wat haar gehoor herstel het. Opal Sandy is sedert geboorte heeltemal doof weens ouditiewe neuropatie. Dié toestand veroorsaak dat senu-impulse wat van die binneoor na die brein beweeg, ontwrig word. Opal is in September geopereer waartydens ʼn aftreksel van die geen in haar regteroor geplaas is. Haar ouers het ná vier weke ʼn verbetering in haar gehoor opgemerk en haar gehoor is tans byna 100-persent.