Verkiesingshof ‘het gefouteer oor Zuma se kiesbaarheid’

Die Ahmed Kathrada-stigting glo die Verkiesingshof se interpretasie van die Grondwet dat oudpresident Jacob Zuma aan die verkiesing mag deelneem, is verkeerd. Die stigting is as vriend van die hof toegelaat in die Verkiesingskommissie se appèl in die Konstitusionele Hof teen die Verkiesinghof se beslissing. In ʼn geskrewe voorlegging in die hoogste hof, sê die stigting Artikel 47 van die Grondwet wat ʼn veroordeelde persoon verbied om in verkiesings te staan, moet ook op Zuma van toepassing wees.