Gidshonde beskikbaar vir SA-kinders met outisme

Die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging wag aansoeke in vir kinders met outisme, tussen die ouderdom van vyf en 12, om ʼn ondersteuningshond te kry wat spesiaal vir die toestand opgelei is. Die vereniging sê die doel is om hulle met hulle gewone alledaagse lewe te help, om te verseker outistiese kinders voel veilig in ʼn omgewing wat hulle mag oorweldig. ʼn Afrigter van dienshonde en ondersteuningshonde vir outisme, Adrian Naicker, sê die honde het eienskappe sodat hulle kalm en geduldig in enige situasie sal wees en die kinders help om selfvertroue tussen mense op te bou.