Herdenking van SA-onluste: Ondersoeke duur steeds voort

Die Suid-Afrikaanse minister van verdediging, Thandi Modise, sê die polisie en die Direktoraat vir Voorkeur-misdaadondersoeke ondersoek steeds die misdade wat gepleeg is en bou sake teen diegene wat tydens die onrus van Julie verlede jaar in hegtenis geneem is. Dit is vandag ‘n jaar sedert die onluste uitgebreek het. Modise sê meer as 8 000 voorvalle is by die polisie aangemeld en ten minste 5 000 mense is in hegtenis geneem: