Gewese SA minister van verdediging is nuwe speaker van Nasionale Vergadering

Die ANC het die gewese minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, as nuwe speaker van die Nasionale Vergadering benoem. Adjunk-speaker Lechesa Tsenoli het in die pos waargeneem sedert die bevordering van Thandi Modise, wat Mapisa-Nqakula as minister vervang het. Die benoeming is vandag op ‘n vergadering van senior ANC-leiers aangekondig. Die party het deur ‘n aanlyn koukus die proses bespreek om ‘n nuwe speaker te kies bespreek.