Geingob sê Namibiërs skrik beleggers af


President Hage Geingob het uitgevaar teenoor Namibiërs wat potensiële beleggers afskrik. Hy het sy ontevredenheid vandag tydens ‘n welwillendheidsbesoek van Craig Steinke, die uitvoerende hoof van die Kanadese olie- en gasmaatskappy, ReconAfrica, uitgespreek en gesê hierdie mentaliteit het die land al talle beleggingsgeleenthede gekos. ReconAfrica is besig met eksplorasiewerk vir olie en gas in die Kavango-kom en word deur verskeie bewaringsgroepe gekritiseer. Geingob sê ReconAfrica volg die regulasies van die myne- en omgewingsministeries. Steinke het gesê die energiebronne kan as dit realiseer, 600 miljoen Amerikaanse dollar per jaar inkomste vir Namibië inbring en voorsien tans vir 306 Namibiërs van werksgeleenthede.