Misdadigers wend hulle tot toordokters om nie gevang te word nie

Die Erongo-polisie sê daar is toenemende misdaadsake waar misdadigers hulle tot toordokter-poppe wend om nie gevang te word nie. Die verdagtes ontvang na bewering die poppe van toordokters wat glo vir hulle geluk bring. Een van die verdagtes is in besit van ‘n poppie en krale gevind wat hy beweer deur ‘n bekende toordokter naby Omatjetje aan hom gegee is. Die toordokter het glo aan die verdagte gesê om dit by hom te hou om inhegtenisneming te vermy, berig Namibiese media. Erongo-polisie se streekskommissaris vir gemeenskapsake, inspekteur Ileni Shapumba, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê, hy waarsku misdadigers, ongeag waarin hulle glo nie, hulle sal vasgetrek word as hulle ‘n misdaad pleeg.