Gesondheidsministerie verskaf redes oor lae gebruik van voorbehoedmiddels onder jeug

Die Namibiese gesondheidsministerie het redes verskaf oor die relatief lae gebruik van voorbehoedmiddels onder jongmense tussen 15 en 19 jaar, wat slegs 24 persent is, terwyl tienerswangerskappe hoog bly op 19 persent. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula het vandag dié syfers tydens die herdenking van Wêreldbevolkingsdag op Rundu in die Kavango-Oos-streek bekend gemaak. Shangula het gesê swangerskap en bevalling-verwante komplikasies is die nommer-een moordenaars van meisies tussen die ouderdomme van 15 en 19 in ontwikkelende lande. Die woordvoerder van die ministerie, Walters Kamaya, sê aan Kosmos 94.1 Nuus watter uitdagings die jeug oor dié kwessie in die gesig staar.